You live and learn
- Jeanne le Roux
- Mar 8, 2018
- 2 min read
Updated: Mar 11, 2018
Ploeg se Moer is meer as net klere, dit is ons leefstyl en ons lewens. Ons staan vir wat jy beleef dag in en dag uit op ’n plaas. Ek is ’n #stadsmeisie turned #boervrou, hier is die top tien goed wat ek al geleer het:
1. Boots en lang jeans help nie vir slange nie maar dit laat ’n meisie veiliger voel!
2. Skropborsels en staalwol is van jou beste vriende - Van lam bollie tot Miriam se pap potte kom skoon met dit en ’n bietjie help van jou maat Vim.
3. Standvastige internet is ’n ding van die verlede - Jy werk wanneer jou internet werk, die res van die tyd doen jy plaas goed.
4. Skape los winde en piepie meer as ’n swanger vrou :)
5. Egte #plaasmeisies word so nou en dan geskok deur die lengte van hulle beenhare.
6. Vure veg het nie ure nie en daar is nie paaie nie. Onthou jou ekstra sports bra, snackbars vir almal & drink water in 5L houers. Soms gryp jy die bier en biltong as julle sien die vuur gaan nie gewen word nie.
7. Mooi sandale is ’n kak idee - Give up en trek jou butch boots aan sodat jou tone heel bly.
8. Enige events word om lam seisoen, kalf seisoen, stroop- en plant tyd gereël. Selfs jou troue.
9. Meh is nie net ’n skaap geluid nie, dis ook wat die plaaswerkers jou gaan noem en glo dit of nie - Jy sal daarvan begin hou :)
10. ’n Goeie dag is wanneer niks breek of doodgaan nie. ’n Normale dag is wanneer twee trekkers breek, die ripper se tand gebreek het, julle nie saam lunch geëet het nie en die krag was ten minste een keer af.

Fantasties my kind!!!! SO SO trots op jou en Wer.
So trots op jou en Werries. Liefde Lorenza
Jy is klaar n plaasvrou en doen uitstekend!